Please enter a minimum of 2 characters to search.
Please enter a minimum of 2 characters to search.


Memorial Keepers(1)
They manage this memorial. Contact or join
Tristan Marais
Patricia Laurie Van Tonder
Create an event page to coordinate a gathering in honor of Patricia
Tributes
Share a favorite memory, send condolences, and honor Patricia’s life with a heartfelt message.
Maricia Van Wyk
My oumie, en so is dit n volle jaar more. Ek sit alweer en tjank my oë uit soos ek en ouma het op enige liefdes fliek of hartseer storie. Maar ek onthou ouma nie as ń hartseer storie nie. Ek onthou ouma soos die vrou wat ouma was...liefdevol, gasvry, passievol oor mense en liewe Jesus en net bubbly. Ek mis vandag en elke dag die laaste jaar elke aspek van ouma. Ek mis ouma met ń krag wat ek nie kan verduidelik of in woorde sit nie. My hart pyn die laaste week meer as wat ek gedink het dit sal. Almal sê dit raak makliker maar dit doen nie. Met elke myl paal wat ek bereik wil ek steeds ouma video call, met alles kleins of groots wat gebeur wil ek bel en met ouma gesels. Ouma het n groot leemte agter gelos waaroor ek nie vinnig sal kom nie. Ek mis ouma elke dag nog meer en meer en dit breuk my vandag beslis in stukkies. Love you ouma....wens ek kon vandag een van ouma se drukkies voel.
Maricia Van Wyk
My oumie, ons vlieg binnekort Kaap toe. Oegh sou ek en ouma nou lekker sit en plannetjies maak van trou op die wyn plaas al is ek nie eens verloof nie. Ek miss ouma se oproepe elke liewe dag meer en meer. My hart sink elke week minstens so 5 keer as ek oor en oor besef ek kan ouma nie gou bel nie. Dit gaan goed met oups...hy lyk goed. Ek check hom kort kort op moenie worry nie, rooi lippies sal nie naby hom kom nie (soos ek ouma altyd belowe het). Tannie Chritine het n knieg operasie gekry, ek loer ook kort kort in met n boodskappie en maak seker sy is okey. En mamma trek Kaap toe vandag, ek weet ouma sou nou weer saam my gesit en tjank het oor hierdie hele storie en dan lag en skinder oor hoe hulle die Enzo perd daardie kant gaan kry hahaha. Hulle gaan die perde maar moet uit-knock vir die hele situasie ai shame... Maar anyway, ek miss ouma nou n bietjie teveel nou al....gaan definitief n appeltjie met ouma skil as ek daar bo kom! My hierso los nie....net so.... My magtig mannn....ons beplan nog my 21st en ouma het al amper elke deeltjie reg en dan is ouma nie eers daar vir die eindproduk nie.... Ek is lief vir ouma. Soo so ongelooflik baie, n dag gaan nie verby wat ek ouma miss nie...
Maricia Van Wyk
My tooths. More is dit al een maand. Een maand waar ek ouma elke liewe dag miss. Een van die moeilikste maande van my lewe. Elke dag voel nog onwerklik. Die harsteer oproep 5 uur daardie oggend sal ek nooit vergeet nie. My hart breek elke dag oumie. Elke dag wat ek oor en oor besef ek kan ouma nie bel nie, ouma nie sien nie, ouma nie n drukkie kan gee nie, ouma se stem nie weer sal hoor nie. Dankie vir die mooi memories oumie. Die middernag swem sessies, coke floats in n bubble bath met kersies en klipharde musiek, die skelm Mcd's draai roomyse en klere koop, ons skinder stories en alles deel, ouma se drukkies kon enige iets fix, die sing sessies wat ons gehad het wat altyd opgeindig het in ons altwee wat huil snot en trane, ouma wat my elke oggend bel die laaste jaar op pad werk toe om seker te maak ek kom veilig en net te sê 'I love you". Dankie vir my resepte boek wat ouma vir my met die hand uit geskryf het...min weetend is die datum op die boekie 18 Augustus 2020...n jaar voor oumie se dood tot op die datum. Dankie vir al ouma se gebreide kombersies wat met soveel liefde gemaak is. Dankie vir al die kos wat ouma my matriek jaar vir my skool toe gebring het. Dankie dat ouma elke verjaarsdag meer opgewonde was as ek self. Dankie dat ouma die beste ouma was. Ek was so geseënd met n ouma soos wat ouma was. Ek miss ouma elke dag met my hele hart en siel. Ek sê elke dag dankie dat ek ouma kon video call daai dag in die hospitaal. Nie een van ons het geweet dit sal die heel laaste keer wees nie maar ouma kon nog n laaste keer sê dat ouma is lief vir my en ek vir ouma. Ek wens dat ek ouma vir nog n rukkie kon hê. Ek is so bitter lief vir ouma en miss ouma elke liewe dag. -Ouma se blou oog, Mish.
Maricia Van Wyk
My liefste oums, ek miss ouma vandag weer ongelooflik baie... My hart is bitter seer vandag en ek sukkel baie. Ouma is al amper 5 maande nie meer met ons nie....en nee dit sink nog nie in of is nog nie makliker nie...dit raak inteendeel moeiliker. Mamma het Kaap toe getrek en antwoord nie meer haar foon nie....en ek kan al 5 maande nie meer die foon optel en ouma bel. Dis 5 maande wat ons nie mekaar kon sien, praat of net whatsapp nie....dis officially DIE lankste wat ek en ouma nie met mekaar gepraat het nie...vrekkkkkit die eerste twee weke merk was al die langste. Ek miss ouma se lag ook die meeste...ouma kon so lekker uit ouma se maag uit lag saam my en ek miss dit elke dag.... Oupa miss ouma ook vrek baie...ek kan dit hoor en agterkom as ons bel. Mamma hulle moes vir Patsy laat gaan om vir ouma te kom kuier....so ouma het nou tenminste ouma se 'naam genoot' by ouma se voete... Almal miss ouma rerig baie... Love you always my tooths xxxx
Maricia Van Wyk
My oumie, vanaand tref die realiteit my bitter seer. Ek miss ouma met alles binne in my en ek weet nie heeltemal hoe om met dit te deal nie. Ek is al die laaste twee jaar amper met covid gewoond daaraan om ouma elke tweede maand te sien maar ek het geweet ek kon ouma elke dag bel. En ons het, ons het elke dag gebel of gewhatsapp. Dit breuk my elke dag as ek iets bereik of aan iets dink wat ouma sou like, en hoe ek wens ek ouma net gou kan bel en ouma n bietjie grief gee oor ouma se valsies of net klom snert te praat op my lunch break en ouma vertel hoe my kids in die klas droog maak. Ouma het altyd geluister en die beste raad gegee al was dit meeste van die tyd "man trek terug Pietersburg toe dan kom drink jy n Gin saam my". Dankie vir alles wat ouma vir my gedoen het, ek wens ek het meer vir ouma gesê hoe baie ek ouma waardeer. Maar ek weet ouma weet dit nou. Ek sukkel net om ouma te 'let go' ek miss ouma te vrieken veel. Ek dank liewe Jesus elke dag dat ek ouma kon hê vir 20 jaar en 11 maande. I miss you everyday Paty!!! Vanaand sing ek ekstra hard Grassade vir ouma, jammer ek is so bietjie vals. I love you oums, lekker doeks hoor xxxx Ouma se eerste klein dogter. Ouma se Mish xx
Maricia Van Wyk
Ja Patrys, ek het die voorreg om onder 'n hardekool boom die briefie vir jou te skryf. Dit is op die oomblik my hemel, en al dink ek dit is lekker wil ek nie eers dink hoe lekker jou hemel is nie. Jy en Annie het mekaar al seker by die tyd al raakgeloop. Wat 'n nice ontmoeting was dit seker nie gewees nie. Het nog al die jare gedink ek sal so graag een naweek net met al my sussies wil alleen kuier. Maar nou gaan ek maar moet wag tot ons almal eendag saam in ons Vader se huis bymekaar gaan kom. Nogal iets wat ek na uitsien. Dan wil ek weer vir jou dankie se dat jy my gehelp het om my eerste kar te koop. Sonder blik of bloos het jy vir my die R 600 inbetaal. Dit was baie geld gewees daai tyd. Ek het met die einste kar in my matriek jaar met my pêlle skelm Loftus toe gery van Tzaneen af. Na die wedstryd het ons ongelukkig die kar gestamp. Ek wonder hoekom. Jy het weer my bas gered en gereël dat hy sommer Maandag oggend by 'n paneel klopper in Pretoria herstel word. Twee uur daai selfde dag met "nat" verf en al weer terug Tzaneen toe gery. Ai ek kan nog baie stories vertel maar kom ons hou hulle vir ons ontmoeting eendag, daar waar jy nou lekker rus. Dankie vir 'n moeder wat ons geleer het om vir ons God lief te wees. Nie net om in Hom te glo nie. Dankie my sussie vir al die goeie tye wat ons saam kon beleef. Lekker kuier saam met Annie en ons sien jou eendag soos God dit sal behaag. Liefde jou enigste broer
Copyright © 2026 Keeper Memorials, All rights reserved.