Veuillez entrer au moins 2 caractères pour effectuer une recherche.
Veuillez entrer au moins 2 caractères pour effectuer une recherche.


Gardiens du Mémorial(1)
Ces Gardiens gèrent ce mémorial. Contacter ou rejoindre
Magriet Pienaar
Riette Brunhilde Ruthven
14 avril 1948 - 14 juillet 2021
14 avril 1948 - 14 juillet 2021
Ons voetspore verdwyn, maar ons leef nog in die wolke en wind.
Riette is rustig in die hospitaal oorlede aan Covid-19.
Sy sal met liefde onthou word deur George, haar kinders Katrien, Magriet, Johan en Hugo en haar kleinkinders Retief, Isabelle en JJ.
Ek wil asseblief veras word, sonder gedoe, sonder kerkdiens, en die as kan gelos word, of gestrooi word, nes dit vir julle tot troos sou wees. Ek hou baie van die volgende gedig, ter herinnering dat ons voetspore verdwyn, maar ons leef nog in die wolke en wind:
die wind, maan en wolke en die dood
’n gedig van Dia!Kwain
die wind waai as ons doodgaan
ons eie wind
die wind behoort aan ons
ja, ons word wolke as ons sterf
dan maak die wind so: die wind maak stof
en waai die stof in ons voetspore
die wind waai ons voetspore oor die vlakte weg
as die wind nie waai nie
lê die voetspore nog lank daar vir almal om te sien
asof ons nog leef
daarom waai die wind as ons sterf
om ons voetspore saam te vat
Uit Die sterre sê 'tsau' deur Antjie Krog
Créez une page d’événement pour coordonner un rassemblement pour rendre hommage à Riette
Hommages
Partagez un souvenir précieux, offrez vos condoléances et rendez hommage à Riette avec un message rempli de cœur.
Cathy Robertson

Boekklub by Waenhuiskrans - altyd aan die gesels, altyd interessant en opwindend na meer as 40 jaar! Jy gaan 'n groot gat agterlaat, liewe Riette.
Rina

ns: Riette het nóóit 'n boek wat ek vir haar geleen het "leeg" teruggebring nie. Die lintjie wat om hierdie boek is, was om n eksotiese sjokolade gebind toe sy die boek teruggebring het. Ek het sommer uit lidfde die lintjie om die boek gehou. Het andertyd vir hulle 'n bietjie pannekoekdeeg geneem en die botteltjie Nutella is saam met die leë houertjie teruggebring. Uit sentiment het ek die botteltjie gehou. Sy het my vertel dat ons kleinkinders van Nutella hou en sy het onthou dat ek gesê het ek ken dit nie. xx
Juanita Vorster
very very sad news that Riette passed away last week
Cathy Robertson
Ek treur nog steeds en sal nog baie lank treur oor die verlies van iemand wat ek in ons boekklub oor meer as 40 jaar leer ken het as ‘n opregte, baie slim en liefdevolle vriendin. Sy was altyd so betroubaar en eerlik. Sy was altyd bereid om te help waar sy kon. Niemand kon ‘n boek so intelligent beskryf nie. Ek gaan haar verskriklik baie mis en dink met liefde en innige meegevoel aan George, haar dogters en hulle families wie sy almal so lief gehad het en met lof gepraat het. RIP my liewe vriendin.
Rina

Riette was 'n versorger. Nie net van haar geliefdes nie, maar ook van al die ou voëltjies in haar tuin. Daar was altyd vir Jan Fiskaal 'n stukkìe kaas uit haar hand of 'n rooi stropie aan n boom vir ander klein voëltjies. Sy het vir Mascha dié groot been in haar vrieskas gebêre tot sy haar weer gesien het. En hét Mascha dit geniet! Sy was 'n dankbare mens en 'n raakvatter by uitstek. En sy was 'n mooi vrou. Na my ma haar ontmoet het het sy vir my gesê: "Magriet het 'n móói ma". Sy was 'n moedige mens wat nooit oor haar verswakte gesondheid gekla het nie. Ek eer haar daarvoor. Ek eer ook vir George wat so mooi na haar gekyk het en tot op haar laaste asemteug aan haar sy was. Haar heengaan gaan 'n enorme leemte laat in die familie. Rus in vrede Riette. Liefde.
Marieta Van Zyl
Sy was so n besonderse mens. Ek is dankbaar vir d jare wat ek d voorreg gehad het om haar te kon ken.
Droit d’auteur © 2026 Keeper Memorials, tous droits réservés.