Veuillez entrer au moins 2 caractères pour effectuer une recherche.
Veuillez entrer au moins 2 caractères pour effectuer une recherche.


Gardiens du Mémorial(1)
Ces Gardiens gèrent ce mémorial. Contacter ou rejoindre
Corneli Schumann
Nicoline Minnaar
8 décembre 1943 - 27 juillet 2021
8 décembre 1943 - 27 juillet 2021
Die berggans het 'n veer laat val
Geliefde tannie. Suster. Hartsvriendin. Wêreldreisiger. Kleinmonder
Nicoline is sag in die hospitaal oorlede aan Covid-19. Sy word met liefde onthou deur haar broer Alfred en Maud, Alfred-John, Nico en Reinhard. Ook haar suster Mariana en Koos, Gunter, Corneli en Jacques.
Deel gerus 'n herinnering, boodskap of foto.
Créez une page d’événement pour coordonner un rassemblement pour rendre hommage à Nicoline
Hommages
Partagez un souvenir précieux, offrez vos condoléances et rendez hommage à Nicoline avec un message rempli de cœur.
Nicoline Se Bybelstudiegroep

Nicoline het vir baie jare ’n weeklikse Bybelstudie-groep by haar huis gelei. Lede het gekom en gegaan, maar sy was altyd daar: vriendelik, nederig, pligsgetrou en baie goed voorberei. Sy het elke lid tuis laat voel en hul bydrae waardeer. Ons sal die teedrink, dikwels met 'n ietsie uit haar kombuis, en die gesels voorwaar mis. Sy was ingelig en kundig oor baie onderwerpe. Haar deurleefde, praktiese raad was altyd net wat jy nodig gehad het. Nicoline, so skielik uit ons midde geneem, ons mis jou. En ons eer jou vir jou standvastige geloofslewe en jou liefde vir jou medemens. Dit was stil geanker in Jesus Christus.
Jacob En Riëtte Van Der Merwe
As ek aan Nicolene in ons studentejare dink, onthou ek die vasvatter-kosma van baie Bainskloof- en Transkeiwerkerskampe in die begin van die sestigerjare. Daar was deeglike beplanning en voorbereiding -- sy het mens lekker laat eet. Sonder haar was dit vir 'n kampleier nie moontlik nie. Jacob. En ek dink aan 'n lojale vriendin oor bykans 60 jaar met wie mens kon gesels, lag en jou diepste gevoelens deel. Ons gaan haar mis. Riëtte
Liesbeth En Louw
Nicolene is waar sy graag wou wees. Sy het alles in hierdie lewe geniet en ondervind. Eendag het sy gese, sy wil nie so oud word soos haar ma nie en haar Maker is haar man. So n mooi getuienis.! Ons sal haar so mis op Kleinmond. Rus sag buurvrou.
Corneli

Nicoline as Stellenbosse Student, 1963
Grieta

Dis met n seer hart dat ek afskeid neem van my geliefde vriendin van baie jare. Soveel ure van saam vlieg, saam lag, saam ry en sommer net kuier. Al die lekker blomme kyk. Donkiekarry. Honderde koppies tee geniet en altyd in 'n vrolike stemming. Saam met jou familie in 'n 4x4 (hoogtevrees en al) in Bafiaanskloof en Gamkaskloof rondgerits. Wonderlike herrinneringe wat my vir ewig sal bybly. Tot in ewigheid. Goddank vir jou. Grieta.
Danie Rossouw & Magdel Rossouw
Ons sal Nicoline altyd onthou as 'n onselfsugtige omgee-mens vol lewenslus, bok vir sports, gasvry, lief vir bak & kook, belese en berese. Mag die mooi tye wat julle saam gehad het julle vertroos, Mariana, Kobus, Corneli, Jacques, Gunter, Alfred & Maude. Baie liefde van Danie & Magdel
Droit d’auteur © 2026 Keeper Memorials, tous droits réservés.